Local newsNewsNews

KYK: Brandweerkompetisie bied groot opwinding in Meyerton

Ongeveer 30 brandweer- en nooddiensspanne het Saterdag (27 Mei 2023) aan die Midvaal Fit to Fight Fire-fiksheidsuitdaging deelgeneem.

MEYERTON. – Die kompetisie wat deur die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en die Midvaal-brandweer by die Meyerton-sportkompleks aangebied is het ongeveer 2 500 mense gelok en ‘n skouspel opgelewer.

Vaalweekblad het gaan inloer:

Midvaal-brandweer se gedugte span brandweermanne – wat bekend is vir hul legendariese fiksheid – het soos verwag die kompetisie gewen.

Daar was ook hope opwinding vir toeskouers met allerlei demonstrasies wat deur die brandweer en slangvangers gehou is.

‘n Beampte dra ‘n pop tydens die Midvaal Fit to Fight Fire-fiksheidskompetisie. Foto: Christiaan Cloete
Nick van der Walt, bekende slangvanger van die Vaaldriehoek, hanteer ‘n swart mamba, een van Suid-Afrika se giftigste slange, tydens ‘n demonstrasie. Foto: Christiaan Cloete
Midvaal-brandweer se gedugte brandweermanne het die kompetisie gewen. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button