Local newsNewsNews

Valia en Hoekies se ‘cheerleaders’ is ‘fierce’

Hulle is nie net pragtig en vlugtig op hul voete nie ... hulle is "fierce". Want dit is hoe jy moet wees om vertonings op hulle vlak te kan lewer!

VANDERBIJLPARK. – Hulle is die gees by elke rugbywedstryd, enige fees en meer. Natuurlik praat ons van die pragtige cheerleaders van HS Transvalia en HS Driehoek. Hierdie skole se cheerleaders is in ‘n klas van hul eie hier in die Vaal.

Binnekort gaan die twee skole se cheerleaders die kans kry om in eie reg die kollig te steel wanneer hulle aan die Outdoor X Cheerleading-kompetisie deelneem.  Outdoor X vind volgende naweek (2 – 4 Junie) by Hartsfeld Farm plaas.

Valia se cheerleaders bestaan uit 24 dogters vanaf Gr. 9 tot 12. Hulle word afgerig deur juffrou Mariska Smit en juffrou Phia-Ri Olivier.

Die twee juffies in samewerking met die kapteine van die span, sorg dat die choreografie van topgehalte is. Maar dit kos harde werk om ‘n vertoning seepglad te laat verloop.

Die groep oefen minstens twee keer per week vir sowat 2 tot 3 ure. Kort voor ‘n kompetisie kan die oefenprogram sommer vinnig verander na elke dag!

Valia se cheerleaders is “fierce” verby! Foto’s: Elsje Vermeulen.

Die Hoekie cheerleaders weet ook hoe om die gees te bring. Die Hoekie-dogters met hulle pragtige pers uniforms, fantastiese choreografie en “tricks for days” weet hoe om die gehoor behoorlik op hulle voete te kry!

“Die grootste fokus van die cheerleaders is natuurlik om die gees te bring. Ons is die eerste rugbyspan se grootste ondersteuners – wen of verloor.

Halftyd is dit ons verantwoordelikheid om die skare weer aan die gang te kry, reg om die rugbymanne deur die aksiebelaaide tweede helfte te ondersteun,” vertel Carla van der Westhuizen (kaptein van die Hoekie-cheerleaders).

“Dit is egter nie net ‘n kwessie van opdaag, dans en huis toe gaan nie, nee, die Hoekie cheerleaders oefen elke week bitter hard om ons beste te wees wanneer ons die Pers en Geel verteenwoordig.

“Soos ‘n Saterdag se optrede nader kruip oefen ons tot in pouses en soveel as moontlik na skool om seker te maak elke sekonde van die choreografie is vasgelê.

So word dit gedoen! Die Hoekies in aksie.

“Ons hou elke optrede vars en uniek, deur iets nuuts by te voeg, wat die skare op hulle tone hou,” sê Carla.

Die meesterbrein agter die Hoekies se cheerleaeders is Coach Chantel, in samewerking met juffrou Megan en juffrou Hannelie, wat die administratiewe sy hanteer.

Die Hoekies se cheerleader span bestaan uit 30 dogers: twee uit Graad 8, ses uit Graad 10, 14 uit Graad 11 en agt matrieks.

Elke meisie wat deel vorm van Driehoek se cheerleading span is gekies op grond van haar passie vir dans, haar witwarm talent en haar liefde vir die skool,” wys Carla uit.

Die groep streef daarna om ‘n eenheid te wees, dus moet selfs die grimering perfek wees. Hul motto is: “teamwork makes the dream work.”

Die Hoekies spog met “tricks for day” in hul arsenaal. Foto’s: Elsje Vermeulen
So word dit gedoen! Die Hoekies in aksie.

* Moenie die cheerleaders se vertonings by Outdoor X (2 – 4 Junie) by Hartsfeld Farm misloop nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button