Local newsNews

Mens kan nie help om te wonder nie…..

Vragmotors vervoer onbekende vragte deur Vereeniging

Niemand sal inwoners van Vereeniging verkwalik as hulle verlede Maandag verbaas gewonder het oor die ongewone vrag wat omstreeks 15:30 die middag op Houtkopweg deur Vereeniging vervoer is nie.

Die vragte was deeglik onder seil of ‘n ander tipe materiaal verberg op ‘n klompie ongemerkte vragmotors, maar motoriste, soos Riette Lindeque wat die foto’s geneem het, kon rofwerk uitmaak wat vervoer word en het hul eie afleidings gemaak…

Is daar dalk lesers wat meer oor die ongewone vrag weet – waar dit vandaan gekom het en waarheen dit op pad was?

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button