Local newsNewsNews

ELM werkers saai verwoesting oor geen salarisse

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit wat nie vir Mei ‘n salaris ontvang het nie, hardloop sedert verlede Vrydag in die strate van Vanderbijlpark rond, breek deure af, rand mense aan en stig brande. 

Geen salarisse vir Mei kon betaal word nie nadat Randwater en Eskom beslag gelê het op Emfuleni se bankrekenings.

In April het Eskom en Randwater gesamentlik besluit om die beslaglegging op die rekeninge te lig sodat salarisse betaal kon word.

“Verlede week kon geen ooreenkoms met Randwater en Eskom bereik word nie en die rekeninge het gevries gebly. Eskom het aangedui hy is bereid om sy beslaglegging te lig indien Emfuleni sy agterstallige skuld van R380 miljoen betaal,” verduidelik rdl. Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.

“Die munisipaliteit kan geen dienste lewer nie en kontrakteurs het aangedui dat hulle nie verder aan projekte gaan werk nie”.

Sy het gesê die VF Plus veroordeel nie net die swak bestuur van Emfuleni nie, maar ook werkersvakbonde soos Samwu en Imatu wat die verwoesting aanhits.

Die munisipale bestuurder, April Ntuli, is deur die betogers aangerand, en rdl. Senekal is gedreig om nie foto’s en video’s te neem nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button