Local newsNewsNews

Ontvlug saam met die ADK

Die Akademie vir Dramakuns se jaarlikse produksie aand gaan weer goeie vermaak verskaf

VANDERBIJLPARK. – Die Akademie vir Dramakuns se finalejaarstudente is besig met die laaste afrondingswerk aan vier toneelstukke wat 3 Junie op die planke gebring gaan word.

Die studente behartig alles self, van die rolverdeling tot by die regie.

Die bekende aktrise, Nadia Valvekens van onder andere Binnelanders en Diepe Waters, gaan die aand se produksies beoordeel.

Die produksies wat opgevoer gaan word is uiteenlopend van aard en behoort saam vir ‘n aand van groot vermaak te sorg.

Daar is Die Kongres, ‘n klug waar verwarring koning kraai en die gehoor aan die lag gaan hou.

Die Kongres se spelers: Charl Janse van Vuuren, Kayleigh Mocke ( rooi), Chantelle Grové, Emil van Zyl ,Mathew Marshall en Kita Swanepoel.

Tentjie roer my nie, geskryf deur Rachelle Louwrens gaan ook die lagspiere prikkel, terwyl PA Viviers se Harskelder die hartsnare gaan roer.

Die Chocolate Affair val weer geheel in ‘n ander genre en is meer abstrak.

Francisca van der Merwe sê almal is welkom om die aand saam met die ADK te kom geniet.

Die eerste stuk open om 18:00 vir 18:30 by Kunstedraai Kunstesentrum in Offenbachstraat in Vanderbijlpark.

Kaartjies beloop R120 per kaartjie. Besoek hul Facebook @ADK Akademie vir Dramakuns vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button