Jong sportman (18) se bene geamputeer na ongeluk
Edwin Nelson (18) was Sondagoggend omstreeks 04:30 alleen op pad na sy ouerhuis in Vaalpark toe die ongeluk op die Paryspad (R53) gebeur het.
Edwin het sy laerskool jare hier in die Vaaldriehoek in Vaalpark voltooi, waarna hy sy hoërskool loopbaan by Potchefstroom Gimnasium voltooi het. Hy was in die koshuis Brandwag gedurende die tyd.
Edwin is ‘n uitblinker sportman wat die skool in rugby, tennis, gholf en krieket verteenwoordig het. Hy is ook ‘n kranige hokkiespeler en was in 2022 as matriekleerder die skool se eerste hokkiespan kaptein.
Edwin alleen in die motor toe die ongeluk gebeur het. Sy bene is erg beseer en albei moes onder die knie geamputeer word. Hy is tans in die Potch MediClinic se hoësorgeenheid.
Die gemeenskap word gevra om hom en sy familie in hul gebede op te dra. Daar word ook geld ingesamel vir mediese onkostes, toerusting en prosteses. Enige ondersteuning sal waardeeer word.
Wouter Pienaar van Vaalweekblad se suster-koerant (Potch Herald) berig dat Edwin die afgelope naweek in Potchefstroom was vir die jaarlikse Gimmie-Volkie Classic Clash. Hy was Sondagoggend omstreeks 04:30 onderweg huistoe toe hy glo beheer oor sy motor verloor het.
Hy het vir die maatskappy, TagExEnergy, gewerk ten tyde van die ongeluk.
Sy naasbestaandes, familie en vriende is besig om geld in te samel vir sy mediese onkostes, terapie en prostese. Hulle vra dat die gemeenskap vir Edwin in hul gebede deur hierdie moeilike tyd sal hou.
Bankbesonderhede vir Edwin Nelson se fonds is as volg:
#EdwinNelsonFund
Auditor Managed Fund for Medical Treatment and Prosthesis
ABSA
Rekeningnommer: 9302266773
Takkode: 632005