Local newsNewsNews

SA se klavierkoning by die ERT

Na meer as 'n dekade is Rocco de Villiers terug by die ERT en hy sê hier kom 'n groot konsert.

SASOLBURG. – Meer as 10 jaar na sy vorige optrede by die Etienne Rousseau Teater, is Rocco de Villiers weer terug Sondag, 4 Junie.

Suid-Afrika se klavier maestro, Rocco sê hy is baie opgewonde om weer agter die ERT se mooie klavier in te skuif.

“Hierdie gaan nie ‘n vertoning wees nie, man ek gaan konsert hou. Ek gaan al my ou treffers afstof en net lekker musiek maak,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud vertel.

Hy het ook spesiaal ‘n uitrusting laat maak vir sy optrede by die ETR. “Dis my nuwe suit se debuut,” lag hy, “en sê vir die mense daar sal heelwat boeremusiek ook wees.”

Natuurlik sal hy Chariots of Fire speel en van sy musiek, onder andere Liewe Hemel, Liewe Aarde en Kortbroek, Langkouse.

Rocco is bekend vir sy skerp sin vir humor en vermaaklike stories uit sy eie lewe. Hy kan nie wag vir die groot konsert nie en teatergangers ook nie.

Indien jy nog nie ‘n kaartjie bespreek het nie, tokkel vinnig die sleutelbord en besoek www.ertickets.com. Die kaartjies verkoop vinniger as pannekoek by ‘n kermis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button