Local newsNewsNews

LS Eligwa: ‘Ons moet saam betrokke raak’

VANDERBIJLPARK. - Danksy vele hande en die bereidwilligheid om betrokke te raak, is van die paaie by die Laerskool Eligwa weer verbruikersvriendelik! Daar lê egter nog harde werk voor.

Daar was die afgelope Saterdag slaggate reggemaak, en dreineringstelsels opgenkap en skoongemaak.

“Dankie aan elkeen wat die koue trotseer het, hul moue opgerol en kom help het! Ons waardeer dit. Ons moet saam betrokke raak,” sê ‘n woordvoerder van die skool op hul Facebookblad.

Die skoolhoof, onderhoof, mans personeel, die skool se leiers, asook ander leerders en hul ouers word bedank vir hul betrokkenheid.

‘n Spesiale woord van dank gaan ook aan AfriForum Vanderbijlpark en die kerkgemeenskap.

Die skool rig egter ‘n versoek dat nog meer hande waardeer sal word, want daar lê nog heelwat werk voor.

Hier is van die harde werk in beeld. Foto’s: Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button