Local newsNewsNewsSport
Landloop-aksie by Emerald Casino
Atlete het dit Saterdag (27 Mei 2023) by die Emerald Casino uitgespook vir die "landloop-boerpot" tydens die tweede liabyeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga.
VANDERBIJLPARK. – Die aksie het om 10:00 begin met die 1km-wedloop vir beginner seuns en meisies (2015-2017) en laatmiddag afgesluit met die 2km ope-wedloop vir mans en vroue ouer as 16.
Die baan, op die Emerald Casino se gronde, word deur deelnemers beskryf as een van die mees uitdagendste landloopbane weens die opdraandes en afdraandes, ongelyke grond en klipperige gedeeltes.
Dit is vir seker ook een van die mees interessante bane met alles van modderplasse en bultjies tot ‘n woud en ‘n houtbruggie langs die pad.
Die volgende ligabyeenkoms vind op 10 Junie by die George Thabe-stadion in Sharpville plaas.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
