Local newsNewsNews

VF Plus sorg dat bejaardes bo 70 in Emfuleni nie erfbelasting betaal

Die VF Plus het gister tydens ʼn begrotingsvergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ʼn belangrike oorwinning vir bejaardes behaal.

VANDERBILPARK. – ‘n Voorstel van die party is goedgekeur dat bejaardes bo 70 vrygestel word van erfbelasting.

 

ʼn Verdere verligting vir bejaardes ouer as 60 in Vanderbijlpark, Vereeniging en Evaton is dat die maksimum maandelikse inkomste om te kwalifiseer vir belastingverligting, van R10 000 tot R15 000 verhoog is.

 

Die verhoging is vir die eerste keer in vier jaar aangepas.

 

Volgens Statistieke SA was daar tydens die 2011-sensus 35 361 bejaardes woonagtig in Emfuleni waarvan ʼn groot persentasie afhanklik is van ʼn staatspensioen of familielede.

 

Die VF Plus sê besorg oor bejaardes wat in hul leeftyd gehelp het om die land te bou en sal altyd in hul belange optree.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button