Local newsNewsNews

Hap en Kap se bestes gekroon

Hap en Kap se hengelaars het behoorlik verlede jaar onder die visse baljaar. Hier is hul pryswenners.

SASOLBURG. – Die Hap en Kap Hengelklub se jaarlikse prysuitdelingsfunksie is altyd ‘n hoogtepunt op die klub se hengelaarkalender.

Dan word die bestes gekroon en dis nie sommer net ‘n vissermanstorie nie. 13 Mei het almal (van die veterane tot by die juniors) weer bymekaar gekom om te sien wie kry die bekers vir die grootste en swaarste visse, van die altyd ontwykende geelvis tot by die babers en graskarpe.

Penkop Michael Meyer het ‘n hele paar trofeë tydens die prysuitdeling ontvang

Die buiteklub rekords (senior/veterane) was as volg: Swaarste karp – Gert vd Heever (7,4 kg). Dié hengelaar is gestremd, maar dit sit hom nie af om aan kompeterende hengel deel te neem nie; swaarste baber – Tennyson Colleskey (13,325 kg) en swaarste graskarp- Coenie Hamman (3,945 kg).

In die junior/penkop afdeling het Meandro Pieters die swaarste karp (1,960 kg) gevang, terwyl Michael Meyer met die pryse vir die swaarste moddervis (1.3 kg) en graskarp (3,26 kg) weggestap het.

In 2022 het daar ook ‘n hele paar rekords gespat tydens klubkompetisies. Coenie Hamman het ‘n 3,670 kg karp aan die lyn gehad, Hennie Greyling het ‘n 1,610 kg moddervis raakgekap, Dian Heydenrych het ‘n 12,945 kg baber kant toe gebring, Gert vd Heever se geelvis van 1,210 kg het die rekord gebreek en Michael Meyer het ‘n grote graskarp van 6,150 kg gevang.

Die swaarste sak vis tydens klubkompetisie (senior/veterane) het behoort aan Johan Pieters met 38 vis (26,435 kg). Die meeste vis (senior/vet) vir die jaar trofee het aan Francois Jordaan gegaan wat 129 vis (87,345 kg) gevang het, terwyl Penkop Lex Jordaan 49 vis (33,7 kg) ook ‘n trofee gekry het.

Sonja van Rensburg is as die klub se beste dame hengelaar vir 2022 gekroon.

Die kategoriewenners is: Beste veteraan: Bez Bezuidenhout Beste senior: Francois Jordaan Beste dame: Sonja Janse van Rensburg Beste junior: Dian Heydenrych Beste penkop: Lex Jordaan.

Die Sportster van die Jaar vir 2022 is vir die tweede agtereenvolgende jaar gesamentlik aan Johan Pieters en sy kleinseun, Meandro Pieters, toegeken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button