Border Boys Parade roer hartsnare
Behalwe vir die trots wat mens voel wanneer die oudsoldate onder begeleiding van doedelsak masjeer en hul plek in die vierkant inneem, voel mens ook die onthou en hartseer van die gestorwe soldate wat vereer word.
VANDERBIJLPARK. – Dis ‘n parade wat aan jou siel raak. Dis die Border Boys Memorial Parade (grensoorlog-herdenkingsparade) wat verlede Sondag by Sylviavale gehou is.
Nadat die oud-soldate, MOTH motorfietsryers (MOTH Motorcycle Association), die see kadette van die Naval Base in Vereeniging en die voortrekkers hul plekke ingeneem het, is die oggend eers met gebed geopen.

Daarna het ‘n kort geskiedenis oor die Angoliese bosoorlog gevolg. Terwyl die volkslied gepseel is, is die landsvlag stadig gesak in respek en as eer betoning.
Die MOTH-gebed is ook voorgelees, met woorde wat hartsnare roer: “They shall not grow old, as we that are left grow old, age shall not weary them, nor the years condemn, at the going down of the sun, and in the morning, we will remember them.”
Die hoogtepunt was natuurlik die geleetheid om kranse neer te lê. Talle kranse is deur die oud-soldate, familie en vriende neergelê.













