VANDERBIJLPARK. – Die Akademie vir Dramakuns (ADK) se derdejaarstudente het Saterdag, 3 Junie die gehoor, hul dosent en beoordelaar, Nadia Valvekens in vervoering gehad.
Die ADK se derdejaars kry elke jaar die geleentheid om produksies op die planke te bring. Hierdie jaar was daar vier toneelstukke.
Die studente kies self die stukke en behartig alles rondom die produksie self, van die regie tot by die rolverdeling.
Nadia Valvekens, self ‘n bekende aktrise, het die aand as beoordelaar bygewoon. Later het sy die volgende op haar Facebookblad gedeel: “Jump, and you will find out to unfold your wings as you fall” – Ray Bradbury.
“Ek sê hierdie want om ‘n prodruksie op die planke te sit, te skryf en te repeteer is harde werk. Dis vreesaanjaend, maar om ‘n gehoor op ‘n avontuur te vat en die genot daarvan te beleef van hoe hulle saam voel en lag, is die moeite werd.
“Julle almal (ADK studente) het net dit gedoen! Well done to all! Keep on working, never stop being authentic. Find the the truth in every story. Julle was amazing en ek voel bevoorreg om deel van gistraand te kon wees. Hou aan speel”
ADK direkteur, Franciska van der Merwe het laat weet dat die aand ‘n groot sukses was. “Ek glo ons sal later in die jaar weer Tentjie Roer My Nie op die planke bring saam met nog twee nuwe produksies,” het sy belowe.
