Local newsNewsNews

Groot pret vir die kleingoed

Animal World by die Emerald Resort & Casino was feestelik getooi vir hierdie jaar se Night Walk. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die effense onweer het nie die geesdrif gedemp by hierdie jaar se Night Walk by Animal World nie.

Veral die kleingoed het die aand baie geniet. Daar was kort-kort ‘n vrolike vertoning deur van Kersvader se elwe in Santa’s Grotto, en twee Kersvaders, die een op stelte, het oral rondgeloop.

Rudulph die Rednose Reindeer, die Gemmerbroodman en Froty die Sneeuman was ook te sien en het plakkers vir die jongspan uitgedeel.

Sarel Calitz draai ‘n reuse spookasem. Foto: Gerda Bruinette

Vanuit die een hoek het ʼn springmieliemasjien en ʼn spookasemmasjien baie nader gelok met vrolike Kersmusiek wat gehoor kon word.

Animal World het hulself oortref met die versierings. Van die helder verligte opgeblaasde Santa tot by kleurvolle liggies en versierde bome.

Tussendeur kon van die nagdiere besigtig word. Die groot seekoei het eers in die groenverligte water rondgeplas alvorens al die opwinding te veel geword het en hy ʼn slapie in sy kamer gaan neem het.

Lutthathokuhle Masilela het haar verstom aan die lang Kersvader. Foto: Gerda Bruinette

Die lemurs was op hul stukke en het in hul hok rondgespeel en geklouter. Selfs die groot hiënas het nuuskierig nader gedraf om te kyk wie het vir hul in die aand kom kuier.

In die reptiel afdeling het die meeste slange rustig geslaap, hier en daar was ʼn iguana wakker en een van die vet brulpaddas het almal beloer terwyl sy twee makkers geslaap het.

Die paar druppels wat so nou en dan geval het, het niemand afgeskrik nie. Die atmosfeer was gesellig, almal was vrolik en het vir ʼn rukkie heeltemal vergeet van die normale lewe terwyl hul in die liggie-wonder wêreld gedwaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button