Local newsNewsNews

Groot opkoms by Rotariërs se Kersliedere by Kerslig

Vaaldriehoekers het Sondag 'n groot Kersmark en Kersliedere by Kerslig geniet. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – ʼn Bonte skare van alle ouderdomme en ʼn paar viervoetiges het Sondag, 17 Desember by Stonehaven on Vaal gekuier.

Vroegdag het die Kersmark oopgemaak en ʼn verskeidenheid van speelgoed en moontlike kersgeskenke is uitgestal.

Die mark was ʼn reuse sukses met heelwat uitstallers wat al teen vroegmiddag moes op pak, al hul ware was uitverkoop.

Die kleinspan het tou gestaan om saam met Kersvader afgeneem te word. Hier is Superman Dillen, Spiderman Ricardo, Charmei en Rochelle saam met Kersvader. Foto: Gerda Bruinette

Jackie van Waveren van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark wat die Kersmark en Kersliedere by Kerslig gereël het, het laat weet dat markte vir 23 en 30 Desember ook gehou sal word.

Naas die markte het die jongspan hulself geniet by al die somer aktiwiteite wat by die gewilde kuierplek aangebied word.

Die tafels op die groot grasperke was gepak en almal het ʼn luilekker dag geniet.

Teen laatmiddag het meer mense begin instroom ten einde sitplek te vind vir die groot Kersliedere by Kersligaand.

Hope Srachen met Pixy in rooi getooi vir Kersfees. Foto: Gerda Bruinette

By die ingang het Rotariërs bondgestaan om kerse te verkoop en pamflette met die liedjies se woorde uit te deel.

Celeste Lance, voormalige president van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark sê hul het jare laas so ʼn groot opkoms vir die tradisionele Kersliedere aand gehad.

Die fondse wat ingesamel is met donasies en kersverkope sal volgende jaar vir die Rotariër Klub van Vanderbijlpark se gemeenskapsprojekte aangewend word.

‘n Bonte skare byeen vir die Kersliedere by Kersligaand. Foto: Gerda Bruinette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button