Local newsNewsNews

Daar is ‘n gat in die grond…

Die storie van 'n dorp met 'n munisipaliteit wat blykbaar glo geen dienslewering is die beste roete om te neem, veral wanneer hulle aanjaag.

VANDERBIJLPARK. – Jare gelede het ons altyd gesing van “daar is ‘n gat in die grond…. en die groen gras groei daarom.”

Die liedjie kon baie lank uitgerek word met alles wat binne in die gat is, van die boom tot by die luis op die luis van die veer van die vlerk van die voël in die boom.

Wel, tans is daar ʼn gat op ʼn sypaadjie in CW1. ʼn Betreklike groot en diep gat. En soos die liedjie, is die storie rondom die gat ook ʼn uitgerekte saga.

Dit het alles op 1 November begin. ʼn Hele span werkers het, sonder vooraf taal of tyding, die dag opgedaag en ywerig begin gat grawe.

Ok, so wat ek verneem het een gegrawe, en die res het gekyk en blykbaar wegneemkos langs die gat geëet soos gesien kon word in die gemors wat agtergelaat is.

By navraag van die huiseienaar is sy meegedeel dat hulle ʼn kabel van een of ander aard moet vervang.

Na etlike ure is sy meegedeel hulle gaan nou vertrek, maar sal die volgende dag terug wees om die werk te voltooi.

Dis toe wat genoemde huiseienaar water in die grote gat gewaar. By navraag het die werkers erken dat hul ʼn waterpyp raak gekap het, maar dat die probleem gerapporteer is en dat dit spoedig opgelos sal word.

Daar is so ewe ʼn wit en rooi lint om die gat gespan.

Sewe weke later en die gat is nou gevul met muskiete en water. Die rooi en wit lint wapper nog in die wind en die gras groei al kuithoogte om die gat.

Probleem is al telkemale met foto’s gerapporteer. Niks gebeur nie.

Die betrokke huiseienaar sê hul huis se krag en water word nie beïnvloed nie, die watermeter is nagegaan om seker te maak.

Dit lyk wel onooglik en êrens moet iemand se krag en water tog nou geaffekteer word.

Intussen gaan daar baie water verlore in ʼn dorp wat dit nie kan bekostig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button