Local newsNewsNews

Drie bomme om ATM op te blaas

Die harde slae soos die bomme afgaan het hulle wakker laat skrik en het hul honde erg ontwrig, vertel een inwoner.

Verskeie inwoners het Vaalweekblad vanoggend in kennis gestel oor die ATM by die vulstasie langs Saloon 2000 (net buite Vanderbijlpark) wat in die vroeë ongendure opgeblaas is.

“Dit was erg om teen 01:30 wakker te word met die harde slag, en toe nog twee daarna,” vertel een inwoner.

Daar kon nog nie vasgestel word hoeveel geld in die proses gesteel is nie.

Vaalweekblad het met ‘n polisie woordvoerder kontak gemaak en deel meer inligting sodra ‘n amptelike polisieverslag beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button