Local newsNewsNews

KYK: Rita vier 4 jaar van “getroude” lewe

Vier jaar het verloop sedert sy met haarself in die "huwelik" getree het.

VANDERBIJLPARK. – Die vrou wat ‘n paar jaar gelede die land aan die gons gehad het toe sy die knoop met haarself deurgehaak het, het Woensdag 13 Desember vier jaar van “getroude” lewe (met haarself) by Stonehaven-on-Vaal gevier.

Rita Woodall-Terblanche (67), ‘n voormalige lotto-wenner en waarskynlik die eerste vrou in Suid-Afrika om in ‘n sologame huwelik met haarself te tree, hernu sedert haar troue op 9 November 2019 elke jaar die troubeloftes wat sy aan haarself gemaak het.

Vanjaar was sy bietjie laat om dit te doen, maar eerder laat as nooit.

Soos wat nou al die gebruik is het Rita met ballonne en linte op haar motor “Ousus” by die geleentheid opgedaag.

Nadat sy uit die motor geklim het, het sy na die rivier geloop om haar troubeloftes te hernu.

Rita Woodall-Terblanche tuur uit oor die water by Stonehaven on Vaal. Foto: Christiaan Cloete

Soos wat nou al die gewoonte is, het Rita voordat sy die troubeloftes aan herself hernu het, gepraat oor die dinge wat sy op haar hart het en dit wat sy gedurende die jaar geleer het.

Vanjaar het Rita gepraat oor die onderwerp van sogenaamde people pleasing”.

Rita wil in die jaar 2024 “people pleasing” uit haar lewe uit skakel. Foto: Christiaan Cloete

Rita sê: “Ons het almal daai probleem waar ons sê ‘nee’, maar voor jy jouself kan kry het jy klaar ‘ja’ gesê.

Dit is wat veroorsaak dat mense hul rûe op mekaar draai.

Dit is wat spanning in mense se lewens veroorsaak.

My pa het my geleer dat alles in hierdie lewe met ‘n ‘té’ verkeerd is. Té veel, té min, té groot, té lank, té kort.

Jy kan dit maar noem. Daar is egter net een ‘té’ wat reg is en dit is ‘te-vrede’”.

My nuwe belofte aan myself hierdie jaar is dat ek tevrede gaan wees. As ons tevrede is dan sal ons nie so geneig wees om te ‘people please’ nie. Ons sal minder van mekaar af wegvlug as ons nie heeltyd bang is dat mense verkeerd oor ons gaan dink nie,” sê Rita.

Rita was vanjaar ‘n swart broek en bostuk geklee met ‘n wit jas toe sy haar troubeloftes hernu het. Foto: Christiaan Cloete

Nadat Rita dié kort toespraak gelewer het, het sy voortgegaan om die troubeloftes te hernu.

Hiermee belowe ek, Rita Woodall-Terblanche, dat ek myself van vooraf sal liefhê, myself na waarde sal ag, myself sal respekteer, myself sal beskerm en met alle eer my goeie naam sal beskerm.

Ek glo dat as ek werklik my hart daarop sit, dat ek tevrede sal wees met hoe my lewe verloop.”

Rita, wat gereeld onder skerp kritiek deurloop oor haar ongewone besluit om met haarself te trou, het die volgende boodskap vir kritici: “Wat ander mense van

jou dink is hulle probleem en wat jy van ander mense dink is jou probleem. Wat jy van jouself dink is al wat van belang is.”

Die ring in die vorm van ‘n perdehoef wat Rita in 2019 vir haar “troue” laat maak het. Foto: Christiaan Cloete
Rita Woodall-Terblanche by Stonehaven on Vaal. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button