Wie in Vaal het ook die vreemde verskynsels gesien?
VANDERBIJLPARK. - 'n Plaaslike egpaar het gisteraand die vreemde ligte in die hemelruim opgemerk. Hulle het eers gedink dit is 'n verskietende ster, maar dit was beslis nie!
Nadine en Francois Herbst het laat gisteraand (omstreeks 23:30) hierdie vreemde ligte in die hemelruim opgemerk.
Hulle het op die brug op die R57, by die afrit na Vaalpark gestop om te kyk.
“Dit was nogal scary om so iets te sien en nie ‘n idee te hê wat dit is nie,” sê Nadine.
Sy en haar man het tot net voor 02:00 aanhou kyk en foto’s en video geneem.
Hulle het in die tydperk meer as 70 sulke ligte sien verskyn en verdwyn.
Hoewel die foto’s waarskynlik nie heeltemal kon vasvang wat huller ervaar het nie, is die vreemde ligte duidelik sigbaar.
Tot dusver kon nog nie vasgestel word wat dit was nie. Indien daar ‘n kenner is wat meer inligting kan verskaf sal dit waardeer word. Stuur asb ‘n kontaknommer via epos na Elsje@mooivaal.co.za



