Local newsNewsNews

Die antwoord op die vreemde verskynsels

Vaalweekblad het gister (21 Desember) 'n berig gepubliseer oor 'n plaaslike egpaar wat vreemde ligte in die hemelruim opgemerk het. Hier is die antwoord oor wat dit was.

Nadine en Francois Herbst het op die brug op die R57, by die afrit na Vaalpark gestop om te kyk. Hulle het in die tydperk van omstreeks 23:30 tot 02:00 meer as 70 ligte sien verskyn en verdwyn.

Vaalweekblad het gevra of enigiemand “lig” op die onderwerp kan werp.

Ons bedank Dries Olivier wat die antwoord verskaf het.

Dries het verduidelik dat dit Starlink se satelliete is wat opgeskiet is en dan opbreek in die hemelruim. As hul nuut is, voor almal hul eie wentel banne neem, dan is daar sowat 20 tot 90 in ‘n ry.

“As hul nog nuut gelaunch is dan noem hul dit ‘n train. Starlink het weer op 19 Desember gelaunch en ek dink dit is die groep wat hul gesien het. Ons volg die Starlink-verwikkelinge en as jy gelukkig is sien jy dit soos die egpaar dit gesien het,” sê Dries.

Dries het reeds voorheen drie satelliet trains gesien van sowat 30 dele, en een met sowat 90 dele.

“Dit is regtig iets besonders om te sien. Mens kan dit nie regtig beskryf nie, maar dit is baie mooi,” sluit Dries af.

Starlink en SpaceX het al sowat 5 500 satelliete in die lug.

Vir meer inligting oor Starlink:

https://starwalk.space/en/news/spacex-starlink-satellites-night-sky-visibility-guide

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button