Local newsNewsNews
Prettige Kersfees parade vir VW-eienaars
VANDERBIJLPARK. - Dit sal iets wees om te sien! Hoewel net eienaars van Volkswagen motors aan die parade self kan deelneem, word alle inwoners genooi om die parade te aanskou.
Die idee is dat al die Volkswagens wat op Donderdag, 28 Desember aan die parade deelneem, met Kersfeesliggies en ander Kersfeesversierings opgemaak word.
Die Volkswagens sal dan ‘n roete deur Vanderbijlpark en Vereeniging volg.
Deelnemers aan die parade moet om 18:30 in Vanderbijlpark in die parkeerarea oorkant HTS Carel de Wet/Checkers Hyper bymekaar kom.

Die optog begin om 19:30 na Voortrekkerstraat in Vereeniging, in die rigting van die dorp en dan weer terug na Vanderbijlpark.
In Vanderbijlpark gaan die optog deur die dorp wees na Triptick-slaghuis omstreeks 20:30.
Daarna is dit terug na die parkeerarea waar die optog begin het, sodat daar foto’s geneem en al die motors van nader besigtig kan word.
Dus as jy ‘n VW-motor het en aan die optog wil deelneem, moet jy net self jou motor versier en sorg dat jy 18:30 gereed is vir die optog.
Die optog is slegs vir pret en dus is elke eienaar vir sy eie motor en onkoste verantwoordelik. Daar gaan stadig gery word.
Vir meer inligting epos CHANTALLN777@GMAIL.COM

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
