Local newsNewsNews

Toe dag die ram hy is ‘n sekuriteitswag

Kyk dan nou so, die ram was nou nie 'n bok vir sports nie, maar hy het amper groot sports veroorsaak. Lees meer...

ABERDEEN. – Ou-Bijler Henk Joubert wou onlangs by die OTM op Aberdeen in die Kamdeboo Karoo gaan geld trek. Niks vreemds daaraan nie. Behalwe dat die voorste “kliënt” in die ry, bietjie rammetjie uitnek geraak het.

Die ram het hom onder die OTM se dak tuisgemaak toe daar ʼn paar verdwaalde druppels skielik oor die dorp uitsak.

En daar staan mnr Ram voor die OTM en niemand mag geld trek nie. Foto: Henk Joubert

Die reënbui was lankal iets van die verlede, toe staan meneer nog. Niemand was eers seker of wou hy geld trek en of het hy besluit hy pas nou die plek op nie.

Uiteindelik is konsensus bereik dat die ram sy lyf sekuriteitswag hou, want die man is toe moeilik, hardkoppig en nie lus vir nonsens nie.

Intussen het ʼn paar mense al in die ry kom staan om die nodige kontant voor Kersfees te trek, maar vir menslike haas en behoeftes het hy geen respek getoon nie.

Henk sê dit was ʼn gedoente, want so staan die ram vir hulle en kyk en hulle vir die ram en niemand beweeg nie.

“Gelukkig het ‘n plaaswerker wat daagliks met hulle werk (veehanteerder), hom aan beide horings beet gekry en hom daar uitgetrek.

“Ons het toe maar mooi gepraat met die ram, en hom bedank dat hy ons daarna, een na die ander,  daar laat verby stap om die OTM te besoek,” het hy laat weet.

Later het mnr. Ram maar dikbek daar weggestap, want soos Henk reken, “vir hom was die OTM-hokkie die perfekte piekniekplek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button