Local newsNewsNews

Dankie-bederf vir Vanderbijl polisie

Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het op Familiedag hul omgeeharte getoon en bietjie die manne en vroue in blou bederf.

VANDERBIJLPARK. – Nie almal is so gelukkig om die tyd van die jaar op vakansie saam met vriende en familie te wees nie.

Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark het 26 Desember besluit om die polisielede op diens by die Vanderbijlpark Polisiestasie met ʼn lekker middagete te verras.

Die klub se projekbestuurder, Jackie van Waveren het gesê hulle probeer om elke jaar oor die Kersfeestyd iets spesiaal vir die manne en vroue in blou te gee.

Hierdie jaar het die polisielede burgers en skyfies met komplimente van RC en Graham van Gas Monkey ontvang, saam met koeldrank met ys geskenk deur George Rombolakis van Pick n Pay in SE8.

Klubpresident Adri Roos het die polisielede bedank wat diens doen in die Feestyd en Lt. Kol. Ndaba het sy waardering uitgespreek en gesê hy hoop dat die Rotariërs en die polisie in Vanderbijlpark nog lank ʼn goeie verhouding sal hê.

Na die tyd het Kaptein du Toit laat weet: “Sjoe, dit was heerlike burgers en chips. Baie, baie, baie dankie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button