Kyk asseblief uit vir vermiste Rudi (75)
Hy ly aan demensie en is swak en verward. Hy sal waarskynlik nie sy besonderhede kan verskaf as hy deur vreemdes gevind word nie. Kontak asseblief sy naasbestaandes by 073 238 2019 of 072 149 5303 as iemand hom vind.
Familie en vriende van ‘n 75-jarige man, bekend as Rudi, is baie bekommerd omdat hy sedert gisteraand (Kersdag) vermis word.
Rudi, wie se van in hierdie stadium nie genoem word nie, het Mackay Estates in Risiville gisteraand omstreeks 18:00 verlaat.
Hy is ‘n demensielyer en is volgens sy naasbestaandes oud, siek en verward.
Die klere waarin hy laaste gesien is, is swart skoene, ‘n wit kortbroek en ‘n blou hemp.
Enigiemand wat hom iewers opmerk of weet waar hy hom bevind, word versoek om asseblief vir Loma (073 238 2019) of Johan (072 149 5303) te kontak.
OPDATERING: Phillip Swanepoel van Sekuriteit Sonder Grense Medical Assist het vanoggend laat weet dat oom Rudi omstreeks 00:50 laasnag in die straat oorkant MTec aangetref is. Hy is behandel en is deur twee dames van Stepping Stones kom oplaai. Dankie vir almal se besorgdheid – hy is nou veilig.

