Local newsNewsNews

ʼn Vrolike aand om te onthou

Die afwagting was groot. Die liggies mooi en die kinders het dit geniet. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die uitnodiging is weke vooraf al uitgestuur op sosiale media. 23 Desember het die groot dag uiteindelik aangebreek.

Die organiseerders het lank voor 19:00 al begin om alles agter die Faraday winkelsentrum in Fordstraat gereed te kry.

Almal wag in spanning vir die hekke om oop te maak.

Die tafels is met lekkergoedpakkies gepak, die liggies is opgesit en selfs Kersvader se slee – ek bedoel bakkie – is vrolik met liggies opgemaak.

Teen 19:00 het die kinders al geduldig voor die hek gewag. Groot was die opwinding toe Kersvader agterop die bakkie onder luide toetergeskal aangery kom. Van binne die terrein het Jingle Bells opgeklink.

Die organiseerders en helpers saam met Kersvader nadat almal hul lekkergoedpakkies gekry het.

Die hekke is oopgemaak en die mense het ingestroom. Eers Kersvader hallo gesê en dan hul lekkergoedpakkies gekry. Soos dit donkerder geword het, het die kleurvolle liggies die gewone veld tot ʼn sprokieswêreld omskep.

Van die mense het vrolik begin saamdans op onder andere die bekende Lyfie.

Een van die organiseerders, Gert Cronje het gesê: “Ons het ongeveer ‘n duisend pakkies uitgegee. Hier was baie mense. Dit was Lekker. Dit wat oor is het my dogter die 26ste in CW5 uitgedeel.”

Baie dankie aan die organiseerders en almal wat donasies gegee het.

“Ek wil spesifiek baie dankie sê vir Derek van Exclusive logistic services, Maureen van I-water, One-Electric, Frans van Aswegen en die eienaars van swartsak verwyderings en tuindienste ondernemings wat gehelp het.

“Spesiale dank aan Jan, Willem en Hendrik van AfriForum Vanderbijlpark. En laaste, maar die belangrikste Onse Hemelse Vader vir die geleentheid.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button