Local newsNewsNews
Hartseer Kersfees vir radiostasie
Die personeel van Overvaal Stereo 96.1 fm het 'n hartseer Kersfees beleef toe die stasie se voorsitter, Johan van der Merwe, oorlede is.
Johan was die afgelope vyf jaar die voorsitter van die stasie, maar sy ondersteuning en toewyding strek oor meer as 30 jaar aan die stasie en sy mense.
Volgens die radiostasie se huldeblyk aan Johan op hul Facebookblad, was hy vir weke lank in die intensiewe sorgeenheid van ‘n hospitaal in Klerksdorp, maar is later na die Pretoria Oos hospitaal oorgeplaas nadat bevestig is dat hy kanker het.
Dit is ook waar Johan sy stryd verloor het.
Sy vrou en steunpilaar, Stephanie van der Merwe, en kinders was langs sy bed van dag een af. Sy gesin was ook langs sy bed toe sy laaste oomblikke net na 12 op Kersdag aangebreek het.
Sedert 26 Desember is alle normale programme op die radiostasie tydelik gestaak en is vervang met instrumetele musiek tot en met 27 Desember.
Die stasie se bestuur en personeel bedank die Van der Merwe-gesin, adverteerders en luisteraars vir die meelewing, ondersteuning en getroue liefde wat in oorvloed ervaar word in die moeilike tyd.
Die stasie se bestuurder Ignaz Streicher het op hul Facebookblad gesê: “God is en bly goed vir ons in die tyd van smart.” Hy het gevra dat die gemeenskap sal aanhou bid vir Johan se mense en vir die stasie se personeel.
Vaalweekblad se innige meegevoel en simpatie aan Johan se geliefdes en persononeel van Overvaal Stereo.

Johan van der Merwe in gesonder en gelukkiger dae.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
