‘n Laaste mark op die Oujaar
Kom kuier saam met die Rotariërs Saterdag, 30 Desember
VANDERBIJLPARK. – Kersfees is dalk iets van die verlede, maar die vakansie is nog lank nie verby nie.
Die Rotariërklub van Vanderbijlpark het laat weet dat hul die Oujaar gaan groet met ‘n vlooimark by Stonehaven on Vaal.

Die mark skop af om 09:00 op Saterdag, 30 Desember. Bring die hele familie en kom kuier saam tussen die vele stalletjies.
“Die afgelope Kersmarkte was so ‘n groot sukses dat ons op publieke aandrang besluit het om ʼn Oujaarsmark te hou.
“Stalletjies is beskikbaar teen R100 per stalletjie. Donasies welkom. Alle fondse gaan aangewend word om die Rotariërklub van Vanderbilpark se gemeenskapsprojekte vir 2024 te befonds, het die klub se projekleier Jackie van Waveren laat weet.
Dis nou die ideale tyd om winskoop geskenke te bekom vir al daardie vriende en familie wat in Januarie verjaar.
Vir meer inligting en om ‘n stalletjie te bespreek, kontak Jackie by 084 326 5228.
