Local newsNewsNews

Hengeldag beplan om diere te help

Ervare hengelaars, nou en dan hengelaars en beginners, hou solank 10 Februarie 2024 uit vir 'n pret hengeldag - Fishing 4 Pets. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Wanneer ʼn man ʼn passie vir hengel en diere het, is dit net logies om die twee te kombineer.

Dis presies wat Johan van der Merwe, een van die Get Up and Go Omgee Vriende groep besluit het om te doen. Hy het die groep se stigter, Johan Botes vertel en vir Cousin Rick van ifm 102.2 betrek.

Die resultaat is ʼn pretdag van formaat wat beplan word vir 10 Februarie. Fishing 4 Pets beloof om ʼn lekker, ontspanne kuierdag te wees langs die Vaaldam.

Die geleentheid vind by Damwalle plaas op die Deneysville pad, ongeveer 43 km vanaf Vanderbijlpark.

Toegang beloop R40 per persoon – dis die hektoegang wat die eienaar van die gronde vra en dan twee honde of katkos items.

Daar sal deur die loop van die dag kort-kort gelukkige trekkings plaasvind waar allerlei geskenkbewyse en pryse gewen kan word.

Die organiseerders hoop ook om ʼn verskeidenheid van stalletjies die dag te hê, met Johan Botes wat reeds gesê het hy gaan worsbroodjies verkoop en o.a tuisgebakte muffins en beskuit.

Om ʼn stalletjie te bespreek, wat enige iets van kos tot by visvanggerei verkoop, kan Johan van der Merwe by 072 505 9780 of Johan Botes by 084 866 6132 gekontak word.

Stalletjies word “betaal” deur twee sakke honde of katkos te skenk, enige grote.

Enige donasies van geskenkbewyse of ander pryse (let wel nie kontant nie) kan ook gemaak word wat vir die gelukkige trekkings gebruik gaan word.

Nou is die ideale tyd om van al jou besigheid se “ou” promosie artikels ontslae te raak. Kontak net vir Johan of Johan vir reëlings.

Hengelaars is welkom om die dag hul eie kos en iets vir die keel in te bring. Daar is bome, maar bring jou eie sonsambreel, die dam is net 66% vol tans en die bome is ʼn ent van die water af. Ablusiefasiliteite is beskikbaar.

Die doelwit van die dag is tweeledig, vir hengel-entoesiaste om luilekker lyn nat te maak – dis nie ʼn kompetisie nie en om soveel as moontlik kos vir die honde en katweeskinders van die samelewing in te samel.

“Ons hoop om die kos wat ingesamel word by van die Vaal se diereorganisasies te versprei. As die mense swaar kry, kry die troeteldiere ook swaar. Ons wil graag die troeteldiere ook help,” het Johan gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button