Local newsNewsNews

Ek sê maar net…

RUBRIEK. - Honde. Honde is dierbaar totdat hulle die dag besluit hulle is nie. Vra maar vir Baba Bessie. Lees meer om te sien wat het sy nou weer aangevang.

RUBRIEK. – Ek is dikbek vir ons grootste pekinese Baba Bessie, alias Boerboel Bruinette. Amper letterlik en beslis figuurlik. Ons praat nie op die stadium met mekaar nie.

Dit het alles laasnag begin. Dit was slaaptyd. Sy vra om op die bed getel te word, want Kleinsus Antjie het al geslaap. Kleinsus Antjie is dalk die kleinste, jongste en kruppel enetjie in die huis, maar sy regeer. Sy duld nie vir Baba Bessie op my bed nie.

So, wanneer Antjie slaap sluip Bessie my kamer binne. Plaas gaan slaap ons, maar nee, toe raak dit ‘n spelery op die bed. Gaan te lekker, maar die oumense het nie verniet gesê, van lekker lag kom lekker huil nie.

Volgende oomblik buig ek my gesig af na haar toe en sy besluit sy spring regop. Daar vind ‘n kop aan kop botsing van formaat plaas. En daar was nie eens drank by betrokke nie. Sy stamp my teen die bolip dat dit tot agter my oor pyn.

Ek het vir ‘n oomblik gedink ek sal soos die rugbyspelers vir ‘n ding dong toets moet gaan. Gelukkig was daar nie bloed nie, maar die spelery is summier gestaak.

Baba Bessie het so 5 min by die voetenent gaan lê, voordat sy afgespring en in haar mandjie gaan klim het. My alleen gelos om te wonder of my lip gaan opswel al dan nie.

Vanoggend moes sy en Her Royal Naughtyness Heidi die salon besoek. Alles verloop goed op pad na Drie Riviere.

Albei kerm en blaf, soos gewoonlik met Heidi wat agter begin en uiteindelik voor by Ma se voete eindig.

Dit was met die stilhouslag dat die reuk my tref. “Ag nee, wie van julle twee het nou ‘n wind gelos?” Ok, ek het ander woorde gebruik, maar hier is kinders wat lees.

Ma het vir Heidi onder die arm. Ek wil naar word. Ek maak die deur oop om Bessie uit te tel en sien dit… Haar stink pakkie wat sy op die agterste sitplek gelos het. Sy was dan uit vir draailoop voordat ons gery het.

Ma lag so, sy kry nie geloop nie. Ek wil Bessie verwurg. “Verkoop haar vir 5c,” vertel ek vir die saloneienaars.

“Ag nee,” sê die tannie, “sy is dan so liewe ou dingetjie.” Die oom vat Bessie by my. Ek kan sien hulle dink ook dis snaaks.

“Wonder wat sou Bessie besiel het om dit te doen?” dink Ma hardop.

Ek is te kwaad om te antwoord, maar ek dink sy het my teruggekry vir gisteraand se kop aan kop botsing.

Nee, ek sal haar nie regtig verkoop nie, maar ek het gedreig my Ma en die honde loop terug huis toe. Sela!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button