Local newsNewsNews

Volkswagen-optog ‘n reuse sukses

VANDERBIJLPARK. - Toe Chantall Nel besluit om 'n prettige Volkwagen Kersfees-optog te reël, het sy nooit verwag dat dit soveel belangstelling sou uitlok nie.

Sy het sommer vir die pret besluit om die optog te reël, en behalwe vir die groot aantal Volkswagen motor eienaars wat aan die optog deelgeneem het, was daar ‘n nog baie groter groep wat die optog kom bekyk en ondersteun het.
Deelnemers was gevra om vanaf 18:30 in Vanderbijlpark in die parkeerarea oorkant HTS Carel de Wet/Checkers Hyper bymekaar te kom. Elkeen moes sy eie motor versier vir die optog.
Met Vaalweekblad se aankoms net voor 19:00 was die parkeerarea vol! Daar het ‘n lekker feestige atmosfeer geheers en jonk en oud het die opgemaakte motors besigtig en foto’s geneem.
Van die VW motors in die parkeerarea voor die optog. Foto’s: Elsje Vermeulen
Die Vollas het baie aandag getrek.
Een van die unieke VW motors.
Om 19:30 het die groot oomblik aangebreek vir die optog na Vereeniging en terug.
Oral langs die roete en in Vereeniging se hoofstraat het mense saamgedrom om die optog te aanskou.
En dit was beslis iets mooi om te sien. Die motors het stadig gery sodat hulle mooi bekyk kon word … en natuurlik is daar toeter gedruk waar die mense in groepe in afwagting uitgekyk het vir die motors.
“Ek was so bly om te sien hoeveel mense nog so goeie gees het. Oral was daar glimlagte. Almal het dit baie geniet en dit het my hart warm gemaak.”
“Ek wil vir almal wat aan die optog deelgeneem het baie dankie sê vir jul moeite. Dit was lekker om al die motors so opgemaak te sien en as mens veral na die kinders se gesigte gekyk het, het ek geweet dit was alles die moeite werd,” sê Chantall.
Sy beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
Alle VW motor eienaars is welkom (van Volksies tot Golfs, enige VW maak).
Die jaar se deelnemers en all belangstellendes word gevra om Chantall te kontak by epos CHANTALLN777@GMAIL.COM met voorstelle of navrae.

* Die optogroete het Barrageweg gevolg, reguit in Vereeniging se hoofstraat (Voortrekkerstraat) in tot by Xtra Shoes en weer terug deur die hoofstraat, terug na Vanderbijlpark.

Nog van die deelnemers voor die optog.
Van die motors was baie spoggerig.
Chantall Nel (organiseerder) en haar seun Jurgen (10).
Die motors word van naderby besigtig.
Die oulike Volla het baie aandag getrek.
Dawie Malan (links), Anel Malan en JJ Herbst voor die Volkswagen minibus wat baie gewild was.
Die parkeerarea was ‘n miernes soos mense die optog ondersteun het.
Die Volla was mooi van binne en butie.
Van die deelnemende Volkswagens in ‘n ry.
Jurgen Nel (10) neem ‘n mooi foto van Dalton Boshof (3).
Die jong damemetjie gee haar beste “pose”.
Die motors word vir oulaas van naderby beskou terwyl die son sak.
Kabelo Mphahlele daag op net voor die optog begin.
Die konvooi daag in Voortrekkerstraat, Vereeniging op.
Die geel kewer lyk te mooi.
Marthina Eksteen in haar spoggerige VW kewer.
Nog ‘n kewer.
En nog ‘n kewer.
Die Volkswagen-konvooi op pad terug deur Vereeniging-hoofstraat.
Alle soort Volkswagen motors kon deelneem.
Daar was ‘n groot groep toeskouers voor die Burger Box in Vereeniging.
Die motors het spoggerig gelyk en baie aandag getrek.
Dit was iets om te sien. Elke motor was met moeite versier.
Totsiens tot volgende jaar – terugwaarts na Vanderbijlpark.
Dit was pure pret in die bussie!
Alle eienaars van VW motors word genooi om volgende jaar deel van die pret te wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button