Local newsNewsNews

“Los asb. die vuurwerke” – Her Royal Naughtyness Heidi

Lyk nie asof vuurwerkaanhangers vir mense wil luister nie, toe skryf een van my pekinese maar self 'n brief. Lees hier Heidi se pleidooi in haar eie blaf...

VANDERBIJLPARK. – Ons oudste Pekinese (sy is drie maande ouer as Baba Bessie) het iets op die hart. Ek stel haar aan die woord:

“Ek is Her Royal Naughtyness Heidi. Weet nie hoekom noem die simpel joernalis my Naughtyness nie, want ek is nie naastenby so erg soos Kleinsus Antjie of Baba Bessie nie. My ma sê ek is die ou stil enetjie.

Die joernalis sê natuurlik ek is ʼn “drama queen”, want as ek nie my sin kry nie, gaan lê ek op my rug en kruis my voorpote voor my bors in my doodskis-posisie.

Dit nou daar gelaat. Ek wil vandag met my beste “puppy eyes” gesiggie vir jul vra om asseblief die vuurwerke uit te los.

My ore is baie sensitief. Ek het vanoggend juis soos ʼn skaduwee al agter die joernalis aangeloop terwyl sy probeer vloere was het.

Ek was so bang, want êrens het iemand in die buurt met ʼn boor en ʼn saag gewerk, en dit maak my ore seer.

As ek net dink aan die 31ste, dan bewe ek sommer klaar. Ek en Baba Bessie en Kleinsus Antjie is gelukkig. Nie my ma of die joernalis los ons ooit alleen nie en veral nie op 31 Desember nie.

Ons is altyd in die huis, maar op die 31ste trek ons met ons mandjies waar hulle ook al sit, van die kamer tot in die sitkamer.

Hulle sit die radio lekker hard aan en hou die ligte aan vir ons en praat met ons en gee ons lekker dinge om te eet, totdat die verskriklike lawaai bedaar het.

Maar wat van al die ander diere? Die honde wat buite moet slaap? Die arme katte (ok ek hou nie van katte nie, maar in die geval kry ek hul jammer) en al die voëltjies?

Ag nee, en julle vuurwerke is nie eens mooi nie. Hier by ons is baie woonstelle en dit maak net groot lawaai en daar is nie eens mooi sterretjies nie. Bomcrackers is uit die bose. Ek is seker daarvan.

Dis al wat ek wou sê. Oh ja, die joernalis sê ek moet vir julle ʼn voorspoedige 2024 blaf.

Pekinese groete

Her Royal Naughtyness Heidi”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button