Local newsNewsNews

Ons Mirandi sing nou die land vol

Sy is die Vaaldriehoek se nuwe superster, Mirandi, sing die land aan die brand.

VEREENIGING. – Mirandi Mörsner se voete het nog nie grond gevat vandat sy ‘n tweede plek in Die Kontrak 3 losgesing het nie.

Haar dagboek is gelaai met optredes en onderhoude en intussen vaar haar eerste amptelike enkelsnit, As jy bid, uitstekend op verskeie radiostasies se treffersparades.

Mirandi se gewildheid styg by die dag. Foto: Afrikaans is Groot

30 Desember was sy deel van Afrikaans is Groot se Groot Jol in Hartenbos en vanaand sing sy die Nuwejaar tegemoet by die Groot Jol op Stilbaai.

Nie dat alles altyd volgens plan verloop nie. Haar man, Chris wat ook haar kitaarspeler is, se kitaar is gisteroggend op ʼn vlug beskadig.

Dit nadat alles gedoen is om te verseker dat die kitaar in een stuk by die bestemming kom.

Mirandi se man en kitaarspeler, Chris Mörsner se kitaar is erg beskadig. Foto: Mirandi

Dit het egter nie haar positiewe gesindheid en professionaliteit beïnvloed nie en het sy die verhoog by Hartenbos aan die brand gesing.

Self het sy op haar facebookblad gesê: “What a crowd en hulle het dit gelooove! Ek voel sooo bevoorreg om deel te kan hê aan Afrikaans is Groot! Een ongelooflike ongelooflike enorme produksie! Alles en almal is maar net Wow!”

Mirandi, die Vaaldriehoek is trots op jou en ons hoop ons gaan jou in die Nuwejaar verskeie kere op ons verhoë ook sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button