Local newsNewsNews
Plante uit tuin geneem (sonder toestemming)
VEREENIGING. - Tye het verander! Almal om jou is gewapen met 'n kamera. Jou doen-en-late (goed of slegs) sal wel blootgelê word!
Op 17 Desember omstreeks 10:00 het plaaslike inwoner Frik Liebenberg geisen hoe ‘n man ‘n tuin plunder in Blackwoodstraat, Drie Riviere op die afdraai na Midvaal se “mini dump”. Hy het die gebeure op kamera vasgevang.
“Iemand het die plante met sorg geplant om ons omgewing te verfraai. Hierdie man op die fotos gee duidelik nie om vir ons omgewing nie,” meen Frik.
“Dit is regtig teleurstellend dat mense so iets kan doen.”
Op die foto’s kan duidelik gesien word hoe die man die plante uitrek en dan in sy motor laai.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
