Local newsNewsNews

Voorspoed vir 2024!

Dit was 'n bedrywige 2023, ons sien uit na 'n goeie 2024.

VANDERBIJLPARK. – Vergun my ‘n oomblik om al ons lesers, die waarmee ons saamstem en die wat heeldag met ons baklei, ‘n goeie en gelukkige 2024 toe te wens.

Dankie vir elkeen met wie ek die afgelope jaar ʼn onderhoud kon voer. Die mense wat bereid was om hul seer en geluk te deel.

Hierdie jaar het ek net weer besef hoe gelukkig ons by Vaalweekblad is. Vaaldriehoekers is uniek en spesiaal. Ja, ons kan baklei. Tans is die debat oor vuurwerke, maar ons staan ook saam.

Hier in ons kontrei is baie mense met omgeeharte vir mens en dier. Baie met talent. Jonk en ouer het my weer verbaas met hul vasberadenheid, geloof en deursettingsvermoë om ten spyte van die lewe se onverwagse draaiballe steeds voort te gaan.

Rolmodelle het ek by die dosyne raakgeloop. Name kan ek nie nou noem nie, te bang ek vergeet een. Duisend dankies vir elkeen van julle en vir ons lesers wat ons op ons tone hou.

Dankie vir elke positiewe, goedvoelstorie wat jul na my kant toe gestuur het. Bowenal, dankie dat julle steeds ons stories en berigte lees. Dit word waardeer.

Mag 2024 gevul wees met stories van hoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button