Local newsNewsNews

Dis tyd vir lekker bederf by Vaalpets

Dis tyd vir die jaarlikse Doggy Wash-projek by Vaalpets. Elke Januarie bederf Die Vlooi En Bosluis Taxi (Mobile Doggy Grooming Service) al die Vaalpets "inwoners" met 'n lekker bad, dip en borsel.

“Ons hou daarvan om ons jaar met liefdadigheid te begin. Dis lekker om hulle te bederf en sommer net liefde te gee en te sien hoe hulle dit geniet,” sê Irene Britz, eienaar van Die Vlooi en Bosluis Taxi.

Sy en haar man Christoff, en natuurlik die personeel van Die Vlooi en Bosluis Taxi sal van 8 tot 11 Januarie al die honde by Vaalpets Animal Shelter gaan bederf.

Hulle maak gereed om in die tyd sowat 300 honde te was.

Irene, haar man, en haar span maak gereed om sowat 300 honde te was.

Die Vlooi en Bosluis Taxi doen dié goeie daad reeds sedert 2019.

Dit het alles begin met ‘n dame wat Irene gekontak en gevra het om ‘n husky by Vaalpets te gaan groom.

“Net daar het ek besluit dat dit ‘n jaarlikse instelling gaan wees. Vaalpets Animal Shelter lê my baie na aan die hart. Dis daar waar ek my hart verloor het op my eerste aanneem seuntjie, Neelsie, en toe later klein Ellie met haar een ogie,” vertel Irene.

Dit sal hoog op prys gestel word as inwoners die projek wil ondersteun.

Die honde geniet die was en aandag sommer baie.

“Ons vra ons kliente, vriende, familie, en almal wat bereid is om hul harte oop te maak vir ‘n goeie doel, om R20 per hondjie te borg. Die fondse wat ons invorder word net so gebruik om kos vir Vaalpets te koop. Maar jy hoef nie net geld te gee nie, enige ander donanies is ook welkom,” sê Irene.

“Ek wil ook net dankie se aan elkeen wat reeds ‘n bydrae gemaak het, dit word opreg waardeer,” sê Irene.

Belangstellendes wat meer wil weet oor die projek kan Irene by 084 455 2147 kontak.

Bankbesonderhede vir ‘n geldelike bydrae tot die projek is:

Vaalpets doggy wash 2024

Capitec  

Rekening nommer: 1595494543

Takkode: 470010

Van die kos wat danksy die projek verlede jaar aan Vaalpets geskenk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button