Local newsNewsNews

Moordbeskuldigde met sonbril in getuiebank

Die hoofbeskuldigde in die opspraakwekkende Leeuhof-moordverhoor het Maandag (8 Januarie 2024) met ‘n donkerbril in die getuiebank ingeskuif toe die verhoor hervat is.

BENONI. – Raymond Metz (20) staan met sy broers, Shane Metz (24) en Simon Anton “Babatjie” Metz (18), en hul ma, Lindi Falch (44), tereg op die moord van  Benjamin Lotz (52) van Leeuhof in Vereeniging.

Die seuns het op die aand van 22 November 2021 in die teenwoordigheid van hul ma die oorledene in sy erf aangerand na ‘n stryery oor harde musiek vroeër die aand.

Lotz het nadat hy deur die broers aangeval is beswyk.

Hofverrigtinge is laasjaar in November tot stillstand geruk toe Raymond ‘n “epiletiese aanval” in die hofgebou gekry het.

Dit het gebeur nadat hy op Woensdag 15 November 2023 as getuie ingesweer is en besig was om getuienis in die saak te lewer.

Maandag (8 Januarie 2024) was Raymond weer terug om die res van sy getuienis te lewer, hierdie keer met die donker sonbrille.

Volgens die Metz-broers en hul ma se regsverteenwoordiger, Charles de Beer, het Raymond die brille op aanbeveling van ‘n dokter, wat hom vir sy epilepsie behandel, gedra.

Regter Carla van Veenendal het aan Raymond gesê dat hy asseblief sy regsverteenwoordiger of die tolk in kennis moet stel indien hy nie wel voel nie.

*Kry ons gedrukte koerant op Vrydag vir meer beriggewing oor dié opspraakwekkende saak.

Raymond Metz en sy regsverteenwoordiger, Charles de Beer, in die hof. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button