Liza Oosthuizen van Laerskool Midvaal glimlag op haar eerste dag van skool. Foto: Christiaan Cloete
MEYERTON. – Daar was baie opgewonde glimlagte en hier en daar ‘n traantjie toe gr. 1- en gr. R-leerders die afgelope week by laerskole regoor die land verwelkom is.
Vaalweekblad het Dinsdagoggend (16 Januarie 2024) by Laerskool Midvaal in Meyerton gaan inloer toe gr. 1- en gr. R-leerders by die skool ontvang is.
*Daar is meer foto’s in eerskomende Vrydag se Vaalweekblad. Kyk ook uit vir ons opwindende kompetisie!
Karmie du Plessis, ‘n gr. R-leerder van Laerskool Midvaal, veg om die traantjies te keer op haar eerste skooldag. Foto: Christiaan CloeteWerner Redelinghuys, ‘n gr. R-leerder, agter sy skoolbank in Juffrou Daleen van der Lith se klas. Foto: Christiaan CloeteMnr. Johan Jankowitz, skoolhoof van Laerskool Midvaal, verwelkom jong leerders op hul eerste dag van skool. Foto: Christiaan CloeteOuers en leerders op die pawiljoen by Laerskool Midvaal, waar gr. 1- en gr. R-leerders Dinsdag verwelkom is. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!