Local newsNews

Ghost Riders bewys Maandag hul laaste eer aan Kallie

Lojale lid van motorfietsklub sterf by verkeerskruising

 

VANDERBIJLPARK. – Toe boodskappe op Saterdagmiddag, 9 Maart op WhatsApp-groepe begin deurkom van ‘n biker wat in Faraday-boulevard deur ‘n voertuig getref is, het honderde Vaaldriehoekers begin asem ophou oor sy toestand. Die nuus was nie goed nie. Dit het ‘n rukkie later bekend geword dat die man, Kallie van Zyl (47), aan sy beserings beswyk het. Hy is om 16:25 op die toneel dood verklaar.
Op Maandag, 18 Maart, kan lede van die Ghost Riders Motorfietsklub om 10:00 saam met sy vriende en familie by Martins Funerals Sasolburg bymekaarkom om saam met die stoet na die begraafplaas te ry vir die finale afskeidsdiens, wat om 11H00 gehou word. Kallie se familie vra dat mense wat beplan om dit by te woon, hulle asseblief vooraf by 076 252 0729 moet laat weet sodat hulle betyds kan weet hoeveel mense by die grafdiens geakkommodeer moet word. * Vaalweekblad se innige meegevoel aan die familie en vriende. Lees die volledige berig in Vaalweekblad van 20 Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button