Local newsNewsNews

Misdaadvlaag tref Boltonwold-kleinhoewes

Die Boltonwold-kleinhoewes buite Meyerton het Sondagaand (17 Maart) deurgeloop onder ‘n vlaag diefstalle van hekmotors.

MEYERTON. – Die Henley on Klip Gemeenskapspolisiëringsforum berig dat minstens twee hekmotors Sondagaand gesteel is.

Daar is ook met ‘n voertuig op een van die eiendomme gepeuter, vermoedelik in ‘n poging om dit te steel.

‘n Plaaslike veiligheidsmaatskappy het die volgende raad:

*Maak dit moeilik vir diewe om jou eindom te betree.

*Kry infrarooi-strale (detection beams) en alarms. Dit sal ‘n waarskuwing uitstuur indien iemand met jou hekmotor peuter.

*Bedek jou hekmotor met staal omhulsel (theft resistant cage) en sluit dit om die hekmotor te beskerm.

*Dit is maklik vir diewe om hul hande deur die heining te druk en die hek met die hand (manual) oop te maak. Maak dit moeilik vir diewe om dit te kan doen.

*Met ‘n staalhokkie (theft resistant cage) kan diewe nie met die hekmotor peuter nie.

*Laat kameras en ligte installeer.

*Verbind die hekmotor met jou huisalarm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button