Local newsNewsNews

Wanneer twee wêrelde ontmoet

Om wêreld serebraal gestremde bewusmakingsdag te vier het leerders van Eurekaskool onlangs by die LS Kollegepark gaan kuier.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Hoofstroomskool se leerders kry nie aldag die geleentheid om vriende te maak met ‘n skool vir leerlinge met erge verstandelike en liggaamlike gestremdhede nie.

Die Eureka leerders en Parkies juig saam vir die kamera.

Vrydag, 8 Maart het Laerskool Kollegepark en Eurekaskool die gaping oorbrug toe ‘n groep Eurekaleerders Kollegepark besoek het.

Die Parkies se graad 4 – 7’s het bankvas op die pawiljoen gesit en hul span dirigente het gesorg dat die gees hoog bly.

Op die veld het Eureka se serebraal gestremdes opgewonde gewag om bekendgestel te word en aan ‘n paar naellope deel te neem. Of dan rystoel-lope.

RW Koekemoer en Serami Sethole het ‘n gedugte span gevorm en byna elke keer gewen.

Die graad 7 Parkies het ingespring en gehelp rolstoele stoot en dit was omtrent ‘n kompetisie onder hulle om te kyk wie kry die geleentheid om die Eureka leerders te help.

Tot groot opwinding en aanmoediging van die pawiljoen se kant af, het van die Parkies ook hul slag in die rolstoelresies probeer.

Net om uit te vind dis glad nie maklik om ‘n rolstoel in beweging oor dik gras te hou nie.

Die Parkies het agtergekom dis glad maklik om met ‘n rolstoel oor dik gras te beweeg nie.

Die Eureka leerders het keer op keer gewen, met ywerige Parkies wat hul rolstoele gestoot het.

Die skare het omtrent gejuig toe van die onderwysers ook die rolstoelwedren aangedurf het.

Na afloop van die kort atletiekprogram het die Parkies spesiaal vir die Eureka leerders ‘n kreet, “Die Blou kom,” gedoen voordat almal reggestaan het vir ‘n foto.

Mev. Yolandie Engels van Kollegepark sê Eurekaskool het hul genader om die dag aan te bied om bewusmaking van serebraal gestremdheid te bevorder.

“Dit was die eerste keer wat ons so iets gedoen het en dit was ‘n groot sukses,” het sy met ‘n glimlag verklaar terwyl die Parkies steeds op die pawiljoen gesing en gedans het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button