Local newsNewsNews
Van Wyk se manne ‘tjop’ af teen Standerton
HS Overvaal het 5-23 verloor, maar kon darem een keer punte aanteken.

VEREENIGING. – Die Hoërskool Overvaal se eerste rugbyspan het Saterdag, 16 Maart op sy tuisveld ‘n nederlaag van 5-23 teen die besoekende span van die Hoërskool Standerton gely.
Die Standertonners het die wedstryd in byna in alle aspekte oorheers.
Daar was darem een ligpunt toe Ruan Krause, die Hoërskool Overvaal se loskopstut, sy span se eerste en enigste drie van die wedstryd gedruk het.
Die drie het gevolg na spelers van die Hoërskool Standerton die bal roekeloos in hul eie kwartgebied rondgeklap het en die Overvaal-speler die geleentheid benut het om die bal te onderskep.
Fanie van Wyk is die Valies se afrigter en daar kan voorspel word dat hy die vakansie sal gebruik om aan die span te skaaf.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.