Local newsNewsNews

Barto ‘rock’ by Vereeniging Barnyard

Die Vereeniging Barnyard was verlede Vrydagaand volgepak toe Barto en sy "band" daar opgetree het.

Daar kan met sekerheid gesê word dat Barto beslis met nog meer getroue aanhangers huis toe is.

Hierdie Saterdag behoort die Vereeniging Barnyard weer oor te kook met energie wanneer die Kanadese-duo, Neon Dreams, hul plek op die verhoog neem.

Dit klink na ‘n show om te sien! Toegang is R250 per persoon.

Neon Dreams tree Saterdag by die Vereeniging Barnyard op.

Kontak www.barnyardvereeniging.co.za om te bespreek.

* Nog foto’s van die lekker kuier voor Barto se vertoning, asook meer foto’s van die vertoning in die week se Vaalweekblad (22 Maart).

Barto Swiegers op die verhoog by Vereeniging Barnyard. Foto’s: Elsje Vermeulen
Bo en onder: Barto se trom- en kitaarspeler het bygedra tot ‘n puik vertoning.
Mike het sy elektriese kitaar die praatwerk laat doen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button