Local newsNewsNews

Aandag alle bruide van die Vaal

Plaaslike bruide word genooi om deel te wees van Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2024 kompetisie. Inskrywing is gratis en pret-pryse is op die spel.

Vaalweekblad nooi bruide van die Vaaldriehoek wat hierdie jaar is die eg verbind is of gaan wees, om aan die kompetisie deel te neem.

As jy dus reeds in Januarie, Februarie of Maart getrou het, wil ons graag so gou moontlik jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou gunsteling troufoto (alleen of saam met jou eggenoot) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn.

Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is drie van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Lana & Ryno van Niekerk.
Juanita is met Rico Hamman getroud.
Dalene is met Gideon Swanepoel getroud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button