Local newsNewsNews

Pretdag by Centurions Motorfietsklub in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. - Daar word vandag, 23 Maart as deel van ‘n fondsinsamelingprojek vir Herman Putter (wat ernstige brandwonde tydens 'n frantsongeluk opgedoen het) ‘n pretdag gehou by die Centurions se klubgronde in Shakespearstraat, CW6.

Daar gaan baie vermaak wees en heerlike hamburgers teen R45, hotdogs teen R20 en cupcakes teen R10 te koop wees.

Daar gaan ook kaartjies teen R20 ‘n lootjie te koop wees.  ‘n Weeklange wegbreekvakansie kan gewen word.

Die publiek kan die Putter-gesin ondersteun deur ‘n draai daar te maak en iets te ete te koop.

Muddy Princess

Bernadine en haar sussie Marcia gaan ook aan die jaarlikse Muddy Princess (5 km hindernisbaan) deelneem as fondsinsameling.

“Ons pleit by besighede en die publiek om ons per kilometer te borg. Maak nie saak hoe klein of groot nie, ons sal al die ondersteuning waardeer en jul logo’s op ons hempde dra,” sê Bernadine.

Indien daar enige besighede of individue is wat die gesin geldelik kan ondersteun, kan geld direk in die onderstaande rekening inbetaal

M.M Putter
Rek nr. 41-1066-2855
Absa
Tjekrekening
Verwysing: MP

* Plaas asseblief u naam sodat die gesin u kan bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button