Local newsNewsNews

Dis ‘n harde lewe om bedelaar te wees

VEREENIGING. - "Ek is van 8 Desember 'n bedelaar. Nou klassifiseer ek myself as 'n kenner op die gebied en kan meer inligting verskaf oor die daaglikse lewe van bedelaars en hul ervarings."

So sê Jassie Prins, wat vanaf Desember bedel vir oorlewing.

“Voor dit het ek vir amper vyf paar jaar in ‘n plaaslike toevlugsoord vir haweloses gebly. Iemand het ‘n leuen in die bestuurder se oor gefluister en ek is uitgegooi. Ek het baie oor toevlugsoorde te vertel, maar eers meer oor my ondervinding as bedelaar.”

Jassie (53) is in Vereeniging gebore en het tot hy 18 jaar was in Drie Riviere gebly. Hy het in 1988 aan die destydse HTS Vereeniging matrikuleer.

In die brief wat hy aan Vaalweekblad gestuur het, is dit duidelik dat hierdie man goed ingelig is oor die wêreld. Sy taalgebruik in die brief was ver bo gemiddeld en sonder spelfoute.

Jassie Prins van Vanderbijlpark wat meer oor sy lewe as bedelaar deel.

Hier is van die inligting wat hy met Vaalweekblad gedeel het:

Volgens navorsing is 80 persent van bedelaars, of dwelmverslaafdes of alkoholiste. Wat van die ander 20 persent?

Jy kry verskillende soorte bedelaars. Jy kry diegene wat SASSA pensioen kry. So ‘n persoon kry is net genoeg om ‘n kamer te huur, vir kos gaan staan hy of sy by ‘n verkeerslig.

Ek begin elke dag om 06:20 by Genl Hertzog en Nile Drive te bedel om vir my kos en blyplek te betaal.

Ses dae ‘n week is ek daar, Sondae rus ek.

Dis ‘n moeilike lewe, armoede is ‘n groot probleem in SA. Ek het Sauermansiekte en kan dus nie eens herwinning doen vir ‘n inkomste nie. Dis net te seer.

Bedelaars en karwagte het een ding in gemeen: elkeen staan daar waar hy of sy staan vir sy daaglikse oorlewing.

Karwagte by ‘n winkelsentrum in Vereeniging moet elke dag R65 betaal om daar te kan staan. Daar is daagliks sowat 30 karwagte aan diens by die sentrum. Dit werk uit op amper R60 000 elke maand.

Karwagte maak iemand skatryk. Net in ons land kan arm mense so uitgebuit word.

Hy deel ook meer oor sy ervaringe by toevlugsoorde. Lees sy volle verhaal in die week se Vaalweekblad (22 tot 28 Maart).

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button