Local newsNewsNews

Voortande uitgeslaan toe hy kleuter wou help

JC trek swaar na aanranding in kuierplek. Waarskuwing: Berig bevat foto's wat sensitiewe lesers kan ontstel.

MEYERTON. – JC Albrightsön (23),’n jong rugbyspeler, is Saterdag, 9 Maart erg aangerand by ‘n kuierplek in die dorp.

‘n Familievriend het JC, sy broers en hul meisies uitgeneem om sy broer se verjaardag te vier.

JC Albrightsön en sy meisie, Bronwyn du Plessis.

Alles het goed gegaan, totdat JC gesien het hoe ‘n kleuter wat saam met sy pa by die potspeltafel (pooltafel) gestaan het, deur ‘n man geklap word.

Die pa het dadelik gereageer en wou weet waarom die man dit gedoen het, waarop die pa geslaan is.

JC het gegaan om te keer en die pa en seun te help. Die aanvaller het egter vir JC met ‘n potspelbal in die gesig geslaan. Hy het bewusteloos op die grond neergesak.

Sy aanvaller se vriend het nadergestaan en JC verder aangerand. Daarna is twee meisies ook geslaan. JC self kan nie veel onthou nie.

Hy het sy bewussyn in die ambulans herwin. Sy ma, Almari sê JC is eers na die Kopanonghospitaal in Vereeniging geneem, waar hulle hom met ‘n paar pynpille huis toe gestuur het.

JC se mond kort nadat hy aangerand is.

‘n Vriendin van die familie het geld ingesamel sodat JC na ‘n privaathospitaal geneem kon word. Hier is bevind dat hy moontlik ‘n breinbesering het en hy is na die Chris Hani Baragwanathhospitaal verwys.

Verskeie skanderings is gedoen en daar is aan die wond aan sy kop gewerk. Maar, die swelsel op sy brein was van so aard dat daar besluit is om eers te wag voordat verdere skanderings gedoen kan word.

Sy voortande is met die harde slag van die bal uitgeslaan en sy verhemelte het versplinter. Almari sê die tande wat los was is getrek en die gat in sy mond is Woensdag onder lokale verdowing toegewerk.

JC se voortande is uitgeslaan met ‘n potspelbal

“Dit was vir hom baie pynlik en traumaties. Nou lyk dit asof daar ‘n gat inval in sy mond,” het sy moedeloos gesê nadat hul 18 Maart weer by die hospitaal was. “

JC ondervind op die stadium geweldig hoofpyn en kan amper nie sy nek beweeg nie. Sy geheue is ook aangetas. Daar is ‘n saak by die polisie geopen en so ver is een verdagte in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button