Kry jou kaartjies nou vir 1 Junie se gewilde Wynroete-ekspo!
Daar wag 'n dag vol pret wanneer die jaarlikse Wyn-ekspo by Stonehaven on Vaal in Vanderbijlpark gehou word! Spring gou om jou kaartjies te kry!
Die Vaaldriehoek het baie om te bied, en een keer per jaar is daar ‘n wonderlike geleentheid om die streek nog wyer as gewoonlik bekend te stel – alles te danke aan die Vaal Wynroete!
Die immergewilde Vaalrivier Meander Wynroete word vanjaar vir die 20ste jaar aangebied. Van 8 Junie tot 28 Julie kan plaaslike inwoners sowel as besoekers van buite deel in die plesier van hierdie bekostigbare wyn- en kosgenot.
Die Wynroete, wat oor agt weke strek, is ’n ontspannende manier om die beste van Suid-Afrika se landgoedwyne te geniet. Dit word elke Saterdag en Sondag (van 12:00 tot 18:00 elke naweek) deur die deelnemende venues aangebied. Kom op jou eie of kry ‘n klompie vriende bymekaar om die wynproe-geleenthede saam te geniet. R80 per persoon is al wat dit kos om agt verskillende wyne by elke venue te proe. Al die venues op die Wynroete bemark verskillende landgoedere. Dit beteken ‘n mens kan van venue tot venue gaan en ‘n nuwe verskeidenheid uitstekende wyne by elkeen ontdek. Peuselhappies of maaltye kan bykomend bestel word.
Vanjaar se deelnemende venues is: Stonehaven-on-Vaal, Waterfront Country Lodge & Spa, Urban Vines Bistro and Vineyard, Cock & Bull Pub, Heritage Village, Rio Sol Portuguese Restaurant (Vereeniging), Riviera on Vaal Resort, Emerald Resort & Casino, Ocean Basket (Vanderbijlpark), The Vaal River Lodge en The Iron Restaurant. Wynliefhebbers kan die meeste van hul wynreise maak deur al hierdie plekke tydens die Wynroete-weke te besoek – in enige volgorde van jul keuse.
* Kaartjies vir die gewilde Wyn-ekspo, wat Saterdag 1 Junie by Stonehaven plaasvind, is nou beskikbaar. Die koste is R300 per persoon en sluit die proe van meer as 200 verskillende wyne, ‘n proe-glas om huis toe te neem, ‘n 30 minute Vaalriviervaart OF ‘n R50 maaltydbewys, lewendige vermaak en toegang tot die kinderspeelarea, kroeg en restaurant in. Slegs 2 000 Wine Expo-kaartjies is beskikbaar en hulle verkoop gewoonlik vinnig uit, so spring gou om joune te kry!
Bespreek jou Wyn-Ekspo kaartjies vir 1 Junie 2024 nou by: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1545434264 of skakel (016) 982 2951/2. Of stuur ‘n e-pos na info@stonehaven.co.za of WhatsApp na 060 804 1495.
