Local newsNewsNewsSport

Goeie oes vir J’s Aqua se seniors

Goeie resultate vir Vaal se swemmers

VANDERBIJLPARK – Die senior span van J’s Aqua het 17 en 18 Augustus aan die EGA Senior Winterkampioenskap deelgeneem wat by St Benedict in Bedfordview gehou is.

Die seuns was derde uit 13 klubs en die meisies vyfde. Junita le Riche sê sy is baie trots op die seniors wat almal hul onderskeie items se finale behaal het.

“Die meeste swemmers het nuwe persoonlike beste tye behaal en daar is ook vlak en nasionale tye geswem.”

Die span het 13 goud, nege silwer en nege brons medaljes verower. Die juniorspan neem einde Augustus aan die Junior Winterkampioenskappe deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button