Local newsNewsNews

Nie-winsgewende organisasies aangemoedig om appèl aan te teken teen afkeur van befondsing

Aansoeke moet binne sewe werksdae vanaf die  ontvangs van die afkeuringskennisgewing aan die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gestuur word.

Adv. Anton Alberts (VF Plus-LPW: Gauteng) het nie-winsgewende organisasies in Gauteng, wie se befondsing vir die 2025/26-siklus afgekeur is, aangemoedig om aansoek om appèl te doen.

“Ons respekteer elke nie-winsgewende organisasie wat help om kwesbare mense te versorg en op te hef en daarom die dringende aanmoediging om aan die appèlproses vir die heroorweging van aansoeke deel te neem,” sê Alberts.

Hy voer aan dat die appèlaansoek belangrik is, omdat bykomende inligting aan die departement gestuur kan word om die heroorweging te steun.

Die aansoek moet gestuur word aan die adjunkdirekteur-generaal: maatskaplike dienste, Onkemetse. Kabasia@gauteng.gov.za, die sekretariaat van die appèlkomitee, Thembeka.Mkhwanazi@gauteng.gov.za en waarnemende direkteur: vennootskap en finansiering, Lerato.Bob@gauteng.gov.za.

“Afhangende van die aard van die appèl kan die komitee skriftelik, virtueel of fisieke onderhoude versoek om die hersiening te bespreek.

“Na afloop van die vergadering kan die uitslag binne vyf werksdae verwag word,” verduidelik Alberts.

“Organisasies wat onbewus van die spertydperk was, moet steeds hul aansoeke indien. Die VF Plus sal dan behulpsaam wees met die indien van die dokumente,” sluit Alberts af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button