Local newsNews

Nuwe president vir Rotary Klub van Vanderbijlpark

Die Rotary Klub van Vanderbijlpark se nuwe president is bekend vir haar jarelange gemeenskapsdiens.

VANDERBIJLPARK – Die Rotary Klub van Vanderbijlpark het Saterdag hul nuwe president vir die 2026 Rotariërjaar ingehuldig. Die Rotariërs se jaar strek wêreldwyd van 1 Julie tot 30 Junie.

Nuwe President Jackie van Waveren het die tuig by die uittredende president, Zander Lindvelt oorgeneem tydens ʼn spogontbyt wat by Stonehaven on Vaal gehou is.

Distrik Governeur Grace van Zyl, Magda van Schalkwyk, Alice de Jager, Celeste Lance, Zander Lintvelt, Jackie van Waveren, Adri Roos, Preloshni Naidoo, en Gerrit van Bemmel

Dit is haar tweede termyn as president van die klub nadat sy ook as president in 2019/20 gedien het. Dié boorling van Vanderbijlpark is bekend daarvoor dat sy altyd ander help. Sy is ook ʼn besigheidsvrou van formaat.

‘n Mens kry gewoonlik leiers en doeners. Jackie is albei. Sy is ‘n gebore leier wat nie twee keer dink om self in te spring en die werk te doen nie.

Sy het die gawe om mense of organisasies bymekaar te bring. Haar netwerk van kennisse, kliënte en vriende strek wyd en sy weet hoe om almal te organiseer sodat goed gebeur.

Die Rotary Klub van Vanderbijlpark is inderdaad in goeie  hande. Sy word bygestaan deur ʼn sterk bestuurspan.

Die nuwe bestuurspan is: Sekretaris Celeste Lance, tesourier Carol Claasse, ledetal Zander Lintvelt, sergeant-at-arms Magda van Schalkwyk, openbare betrekkinge Gerrit van Bemmel, diensprojekte Alice de Jager, jeugdiens Adri Roos en Rotary Foundation Preloshni Naidoo.

Jackie sien uit om saam met die nuwe bestuur en die klub se lede voort te bou op Rotary se nalatenskap van diens.

Die fokus sal steeds wees om gemeenskappe te ondersteun, nuwe vennootskappe te vorm en projekte aan te pak wat ‘n blywende verskil maak.

Met sy 70ste bestaansjaar as mylpaal sien die Rotaryklub van Vanderbijlpark met opgewondenheid uit na die nuwe Rotaryjaar.

Die feestelike en hoopvolle atmosfeer tydens die induksie geleentheid het die ware gees van Rotary weerspieël – mense wat saamwerk, mekaar ondersteun en hul gemeenskappe dien volgens die leuse: “Diens bo Self.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button